Kom luister na Rudi Muller
Vir meer inligting, kontak Marelie Rabie by 011 864 1285 of 082 462 8676 tussen 08:00 en 21:00 daagliks.
DIT IS weer tyd vir die Emmanuelgroep van Alberton LewenSentrum om gesellig saam te kuier.
Dié maand se geselligheid word gedeel met gaskunstenaar Rudi Muller, die bekende gospel sanger. Kom kuier gerus saam op Donderdag 14 April om 09:30 vir 10:00 by die Alberton LewenSentrum, hoek van Clairettestraat en Hennie Albertslaan, Meyersdal.
Almal is welkom en slegs ’n bordjie eetgoed en ’n donasie om kostes te dek verseker toegang. Geen besprekings is nodig nie.
Vir meer inligting, kontak Marelie Rabie by 011 864 1285 of 082 462 8676 tussen 08:00 en 21:00 daagliks.



