ALBERTON se eie superster, Xanilee Hammond (20), het haarself weer oortref op ‘The Voice SA’ nadat sy die ‘battle’ teen Jessica Martins gewen het.
Alle oë was Sondag 10 April op haar toe sy en Jessica, The Beatles se liedjie, ‘Let it be’ gesing het. Albei sangeresse het hulself goed van hulle taak gekwyt, maar dit was Xanilee wat weer Bobby van Jaarsveld se stem gekry het.
Die REKORD het al twee keer oor Xanilee berig. Die ‘battle-rondtes’ is nou verby en nou volg die regstreekse vertonings.
Hier is Xanilee Hammond en Jessica Martins se vertoning:



