EntertainmentLifestyle

Touch of Class album nou op rakke

Die groep Touch of Class, met oorspronklike lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

Die groep Touch of Class, met oorspronklike lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.

Hulle album, “Ek en my meisie”, wat gedurende 1992 die lig gesien het, het goue status bereik met 25 000 verkope en voortgegaan om twee jaar later platinum status te bereik.

Verskeie goue albums het gevolg, byvoorbeeld “Bamboesbos”, “Stamp daai bene” en “Moenie worrie nie”.

Vier van Erasmus se geestelike albums, insluitend haar DVD en die album “Halleluja”, het dubbel platinumstatus (80 000 eenhede) bereik.

Van der Merwe se kitaaralbums, “Kitaarboogie”, “Treffers van die Shadows”, “Crying guitar” en “’n Huldeblyk aan Ricardo Bornman”, het ook goue status bereik. Vir laasgenoemde huldeblyk-album het hy ook ’n SAMA-toekenning ingepalm. Touch of Class het tot op datum 19 albums uitgereik.

Na 23 jaar saam, het Erasmus gedurende 2011 besluit om haar slegs op haar geestelike loopbaan toe te spits.

Gedurende hierdie tyd het Ruhan du Toit by Touch of Class aangesluit en tot op hede het hy en Van der Merwe reeds 11 albums saam voltooi.

“Koffiefontein”, “Groep 2”, “Nostalgie”, “Lotzsa Smokie”, “A Touch of Classic”, “Stukkie van der Merwe 1”, “Stukkie van der Merwe 2”, “Classic Rock Project”, “Dans in die Reën” en die “Salute the Legends” reeks, met onder meer Demis Roussos, Joe Dolan en Gé Korsten, is uitreikings waarop hulle trots is.

Nou, gedurende April 2016, stel Touch of Class hulle splinternuwe dubbel album, getiteld 100 Duisend Perde, bekend.

Die eerste enkelsnit vanaf hierdie dubbel album, Ek steek my hand op, sal ook gedurende April 2016 aan radiostasies landswyd uitgereik word.

Luister na ‘n lusmaker van die liedjie hier: https://soundcloud.com/starburstpromotions/touch-of-class-ek-steek-my-hand-op-teaser

CD1 bestaan uit 19 oorspronklike treffers en CD2 bestaan uit 14 immergroen treffers, waarvan drie keurspelle is.

Die boodskap van hierdie dubbel album is: “Ek is trots op my taal, my lewensfilosofie, waardes en herkoms!”

 

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button