EntertainmentLifestyle

Huldeblyk aan ’n ou vriend

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R120 per persoon.

JANNIE du Toit, ’n liedjieskywer en internasionale sanger, se nuwe verhoogproduksie, ‘Doep is Nie Dood Nie’, is ’n huldeblyk aan Koos du Plessis. Hy het tragies op ’n jong ouderdom, sowat 30 jaar gelede, in ’n motorongeluk gesterf. Hy was ’n musiek legende van die 70’s en 80’s.

‘Doep is Nie Dood Nie’ is volgens Du Toit se webwerf ’n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Du Plessis. Du Plessis is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en voortlewende musiek.

Du Toit was ook ’n boesemvriend van Du Plessis en sit hiermee sy werk voort om sy vriend se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hierdie produksie is nou reeds meer as 100 keer aangebied en ’n dvd-opname word reeds vanaf Oktober verlede jaar op kykNET uitgesaai.

Die verhoogproduksie het net positiewe terugvoering ontvang tydens die Oudtshoorn Kunstefees asook feeste in Nelspruit, Potchefstroom en Grahamstad.

‘Doep is Nie Dood Nie’ sal by Carnival City se Mardi Gras-teater op 29 en 30 April om 20:00 en op 1 Mei om 18:00 wys. Kaartjies is beskikbaar by Computicket en kos R120 per persoon.

*Ingligting verkry per e-pos vanaf Mail Room PR

Hier is ’n paar van Koos du Plessis se videos:

 

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button