Local sportSport
Alberton Boksklub: Bokser wys sy staal in toernooi
Alberton Boksklub bokser wen by toernooi.
MEER as ’n honderd boksers het aan die Ontwikkelingstoernooi, wat by die Randgateklub in Randfontein gehou is, deelgeneem. Vyf-en-twintig klubs het boksers ingeskryf om in dié gewilde toernooi hul staal te toon.
Die Ontwikkelingstoernooi is op Saterdag 16 April gehou.
Ruben Kruger het in die 68kg gewigsafdeling geboks en sy teenstander die loef afgesteek om as wenner gekroon te word.
Kruger is ’n lid van die Alberton Boksklub.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



