Local sportSport

Suide boksers vaar goed

Suide se boksers vaar goed by nasionale toernooi.

VIER jongelinge van die Suide het, tydens die Nasionale Bokskampioenskappe, welverdiende oorwinnings in hul onderskeie gewigsafdelings behaal.

Die Suid-Afrikaanse Jeug en Junior Kampioenskappe is vanaf 22 tot 26 Maart in Kaapstad gehou.

Boksers van onderskeidelik Booysens en South Hills boksklubs het hul provinsie op die nasionale kampioenskappe verteenwoordig.

Die broers Miranda en Ricardo Malajika, Anthony Grobler en Don Jean van Heerden het Gauteng verteenwoordig. Nicky Ness was die span se afrigter en Billy Hurford die spanbestuurder.

Miranda het ’n silwer medalje in die junior 52kg gewigsafdeling o.16 ingepalm, sy broer Ricardo wen goud in die jeug o.56kg o.17-afdeling, Grobler wen ’n silwer medalje in die o.55kg o.16-ouderdomgsgroep en die 14-jarige Van Heerden palm goud in die jeug o.75kg-afdeling in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button