Local sportSport

Malajika Suide se Protea-bokser

South Hills bokser verwerf nasionale kleure.

SLEGS een van Gautengspan se boksers het nasionale kleure verwerf tydens die Suid-Afrikaanse Jeug en Junior Kampioenskappe wat in Maart in Kaapstad gehou is.

Ricardo Malajika sal Suid-Afrika by twee geleenthede later vanjaar verteenwoordig. Hy sal aan die Sone Vyf Afrika Kampioenskappe (wat in Namibië of Botswana gehou gaan word) in Julie/Augustus deelneem en dan ook aan die Wêreldkampioenskappe in Oktober/November. Die presiese lande waar die kampioenskappe gehou word, sal nog aangekondig word.

Malajika is een van South Hills se boksers wat deur Billy Hurford afgerig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button