RUBEN Kruger van die Alberton Boksklub is nog steeds op die wen pad en het onlangs geseëvier in die 68kg-afdeling tydens ’n bokstoernooi wat in Duduza plaasgevind het.
Agt boksklubs het hul boksers ingeskryf om aan hierdie toernooi, wat in die Community Hall Nigel gehou is, deel te neem.
Alberton Boksklub bied op Saterdag 21 Mei ’n Uitklop Dag toernooi in die Barry Vorster saal in Tweedelaan, Alberton aan. Inweeg vind om 09:00 plaas en die gevegte sal om 12:00 stiptelik begin.
Verversings sal te koop wees.



