EntertainmentLifestyle

Twee Grade van Moord

Die film speel af in die Kaap, met die bekende regisseur, Gerrit Schoonhoven, aan die stuur daarvan.

Die Suid-Afrikaanse film Twee Grade van Moord, wat op 22 Julie in fliekteaters landswyd open, wys vir die eerste keer in dekades die geliefde akteurs, Sandra Prinsloo en Marius Weyers, weer saam op die grootskerm.

Die film speel af in die Kaap, met die bekende regisseur, Gerrit Schoonhoven, aan die stuur daarvan.

Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo) is ‘n bekende Kaapstadse sielkundige met ‘n topverkoper boek, Liefde Maak Nie Seer Nie, wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, alhoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek.

Hul enigste kind, Christiaan (Roelof Storm), was geforseer om in sy grootwordjare baie staat te maak op die liefde van sy “tweede Ma”, die lojale huiswerker Fy Abrahams (Shaleen Surtie-Richards).

Aleksa onderneem om deel te wees van ‘n dokumentere realiteitsreeks, waarin daar gefokus word op haar terapeutiese werk onder vrouens wat liefde met pyn verwar, en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronje), stem in om die proef-konyn te wees.

Ben kry ‘n masiewe hartaanval en Tanya kom terselfdertyd by Aleksa se huis aan met die nuus dat sy haar kêrel tydens ‘n geweldadige argument vermoor het.

Aleksa besef dat sy Tanya se emosionele toestand heeltemal onderskat het en op dieselfde tyd deel Ben haar mee dat hy ‘n belangrike besluit oor sy eie toekoms en lewe gemaak het.

Soos wat die verhaal vorder word Aleksa geforseer om haar eie integriteit te bevraagteken en ook haar bereidwilligheid oor wat sy sal opoffer vir dié vir wie sy lief is.

Op die ou einde moet sy die vraag beantwoord: “Wat sal die liefde doen?”

Die fliek sluit ook ander plaaslike gunsteling akteurs in, soos Shaleen Surtie-Richards, welbekend vir haar hoofrol in die 1988 vollengte film ”Fiela se Kind” en as Ester (Nenna) Willemse in the M-Net sepie ”Egoli: Plek van Goud”.

Twee Grade van Moord is vervaardig deur Barry Strick, van Inverse Films en Full Faculty Films, in samewerking met Waterfront Film Studios en die Departement van Handel en Nywerheid. Die fliek word in Suid-Afrika versprei deur Indigenous Film Distribution.

*Mediavrystelling verskaf deur: Alishia van Deventer, van Starburst Promotions.

 

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button