Stoeiers wys hul staal
Die kampioenskappe wat vroue en Grieks-Romeinsse stoeistyle insluit het op Vrydag 29 April plaasgevind.
TWEE meester stoeiers van Alberton het onlangs SA Meesterstitels gewen by die Suid-Afrikaanse Presidente Kampioenskappe wat by Carnival City gehou is.
Die kampioenskappe wat vroue en Grieks-Romeinse stoeistyle insluit het op Vrydag 29 April plaasgevind.
Beide Johan Lombaard en Chris Sutton het die SA Meesterstitels gewen in die 85-97kg afdeling; Lombaard in die 35-47 jaar kategorie en Sutton in die 48-60 jaar kategorie.
Vier stoeiers, wat met verskillende verbintenisse in die Alberton-omgewing stoei, het ook by die kampioenskappe medaljes los gestoei.



