EntertainmentLifestyle

Nuwe minireeks om jou te laat lag

Gesinne se vakansie-kaskanades, -skandes en –balades sal tong-in-die-kies en skreeusnaaks uitgebeeld word, met kykers wat hulle sal vereenselwig met vele van die gebeurtenisse.

ONLINE

Die Koekemoers, ‘n spliternuwe minireeks van die ATKV, wat vanaf 18 Mei elke Woensdag om 07:00 op die gewilde Die Groot Ontbyt van Kyknet uitgesaai sal word, sal binne drie minute huisgesinne laat skater van die lag voordat die pad werk toe aangedurf word.

Gesinne se vakansie-kaskanades, -skandes en –balades sal tong-in-die-kies en skreeusnaaks uitgebeeld word, met kykers wat hulle sal vereenselwig met vele van die gebeurtenisse.

“Ons wil graag vir die Afrikaanse kyker en ons vakansiegangers inhoud bied wat hulle aandag kan vestig op tipiese vakansieganger-gebeurtenisse wat meeste van ons dalk al ervaar het,” sê Reinard du Plessis, die hoofbestuurder bemarking en kommunikasie by ATKV-Sake.

”Sommige van die tonele is effe gedramatiseer, maar die tong-in-die-kies-ondertoon sal verseker sorg vir ‘n bietjie gesonde vroegoggend-humor. Dink maar aan die destydse kortverhale soggens, net voordat almal vertrek het vir werk, soos Het Jou Katvis.”

Alhoewel Die Koekemoers aanmekaar gesit is om kykers te vermaak en te laat lag, was hierdie produksie geen grap nie. Daar is fyn beplan om seker te maak dat ‘n sterk storielyn ontwikkel is. Elke episode is slegs drie minute lank en die uitsending strek oor 12 weke, wat ‘n aanduiding van die skerp en plofbare humor is.

Die hoofrol van Johan Koekemoer word deur die welbekende Afrikaanse sanger Joe F vertolk. Die res van die huisgesin sluit in die moeder en anker van die familie, Marguerite Koekemoer (vertolk deur Lizé van der Walt), Megan “Viper” Koekemoer, die moeilike tienerdogter (vertolk deur Danielle du Plessis) en Johan Junior Koekmoer (vertolk deur TJ Day), die apatiese seunskind wat nie kan ophou om met sy gadgets (elektroniese apparate) te speel nie.

Behalwe vir die humor wat die reeks offer, is daar ook waardevolle vakansievoorstelle en wenke elke week op die ATKV-oorde se Facebook-blad (www.facebook.com/ATKVOORDE) wat aansluit by daardie week se epsiode.

”Kykers moet ook op die uitkyk wees vir die aanloklike pryse wat vanaf Mei tot Augustus op die spel is, as deel van die ATKV-oorde se Winterpromosies, want die doel is om deur die meelewing van elke kykergesin dit ‘n ware ATKV-vriendelike ervaring te maak,” het Du Plessis verder gesê.

*Verskaf deur Lara Doundoulakis, Threesixoh PR & Communications

 

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button