Prettige dag by aftree-oord
Die Alberton Aftree-Oord het op Saterdag 4 Junie, ’n gesellige kuier-tyd geniet en heerlike kos en kuier opgedis.
DAAR is beslis niks wat kersvashou met goeie geselskap, heerlike kos en sommer net lekker kuier nie.
Die Alberton Aftree-Oord het op Saterdag 4 Junie, ’n gesellige kuier-tyd geniet en heerlike kos en kuier opgedis. Op die dag is nie minder as 21 geregte voorgesit nie, maar dit het oor meer as net eet gegaan. Ander aktiwiteite insluitend die pretloop het besoekers die pragtige tuine gewys, terwyl gaskunstenaar Rudi van Niekerk besoekers vermaak het, en inwoners het boonop ook die geleentheid gehad om hul ware ten toon te stel en te verkoop by die handwerkmark.
Behalwe vir al die lekkernye wat beskikbaar was, kon jy klere en skoene koop, winter goed om die koue weg te hou, boeke, handgemaakte goedere en vele meer.
Die dag is gereël deur die oordkomitee, onder leiding van Karen Muller, en fondse het gegaan na die aftree-oord.





