REGOOR die land word vaderfigure op Sondag 19 Junie, tydens Vadersdag, gevier.
Van ons lesers het hul spesiale oomblikke saam met hulle pa’s en oupas met die RECORD gedeel.
Die RECORD wens elke pa en oupa ’n geseënde en vreugdevolle Vadersdag toe.
ROZAAN SE ROLMODEL: “My pa, Johan Pienaar, is die beste in die wêreld. Hy is my rolmodel en my superheld. En al is ek my pa se stoutste dogtertjie, weet ek dat hy my altyd sal ondersteun en my sal lief hê. Ek is werklik geseënd met die beste een. Gelukkige Vadersdag. Saam met hom op die foto is ons Boston Terrier, Pixi.”
DIT IS DIE HERINNERINGE WAT TEL: AJ en Elanka Jacobs het gesê dat hulle pa, Louis, die beste is omdat hy altyd tyd maak vir hulle en baie hard werk. “Ons sal pa vir niks verruil nie, lief pa baie.”
ONS HOU VAN DIESELFDE GOED: Vir Lynette van der Walt is haar pa, Gerrit, die beste, want hy is nie net ’n rugby-pa nie, maar ook ’n pa wat deel is van baie van haar spesiale oomblikke en herinneringe.
OUR DAD IS THE BEST: For Miquala and Jaquinta Daniell their dad is simply the best, because he loves them unconditionally.
SAAM IS ONS BETER: Vir kleine Ethen Heine, is sy pappa (Louis) die beste omdat hy altyd daar is vir hom. Geniet ’n lekker Vadersdag.
TO MY DAD ON FATHER’S DAY: “You are my keeper of secrets, slayer of closet-dwelling monsters, tear dabber, boo-boo kisser and all around hero. I love you!” says Zelda Leonard. On the photo are George (dad), Alex (grandson) and Claudia-Joy Leonard (granddaughter).
MY SONSKYN IN MY LEWE: ”My pa, Danie Els, is die beste omdat hy my vertroueling, my vreugde, my glimlag op my gesig, en my sonskyn in die lewe is. “Dankie vir ‘n goeie opvoeding. Pappa is my trots en my anker in die lewe,” sê Brenda Els.
ONS PA: Lana Brits se pa, Cobus Viljoen, is dalk die strengste pa, maar hy het ‘n hart van goud. “Pa sal uit pa se pad gaan om mense te help en pa is die lojaalste en betroubaarste mens wie ons ken. Lief pa troppe sakke vol,” sê sy.
EK HET BAIE BY MY PA GELEER: “Sekere dinge in die lewe sal altyd in styl bly, eerlikheid, vertroue, standvastigheid en medemenslikheid. DIt is dinge wat ons bewus maak van wie en wat ons is. Dit is eienskappe soos dié wat my pa, Willem Steenkamp, my geleer het. Ek is trots om pa as my pa te hê,” sê sy enigste dogter, Yolanda.
MY STRENGTH: For Mellisa van Dyk her dad, Barrie, has always been her strength and anchor.
“He is the greatest dad in the whole world and I love him with all my heart,” she says.