Droomseisoen wink vir Namies
Hoërskool Dinamika het deurgedring na die eindstryd van die Goue Leeus Grootskole- toernooi, deur Jan Viljoen te klop.
DINAMIKA het deurgedring na die eindstryd van die Goue Leeus Grootskole-toernooi, deur Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein met 10-33 te klop.
Op Saterdag 4 Junie, het Hoërskool Dinamika weereens bewys wat hulle kan doen met ’n rugbybal, deur Jan Viljoen te wys wie is baas en sodoende onoorwonne heelbo op die algehele puntelys te eindig.
Die Namies het goed begin met ’n kliniese agterlyn beweging wat gelei het na ’n drie deur die buitesenter, Justin du Preez.
Losskakel Armand Steyn, het twee punte met sy skopvoet bygesit om die span van Alberton die voortou te laat neem met 0-7.
Jan Viljoen was nie bereid om te gaan lê nie en het vyf minute later ’n drie van hul eie gaan druk, maar kon dit nie verdoel nie.
Die kragmeting was vir ’n ruk ’n toutrekkery, totdat binnesenter Dehan Williams, ’n fantastiese drie net voor halftyd gaan druk het; ten spyte van ’n mis by die pale het Namies die veld afgedraf met ’n stewige 5-12 op die telbord.
Na halftyd het Du Preez weer deur die lyn gebreek om onder die pale vir Namies nog vyf punte te gaan haal, wat hul voorstand na 5-19 opgestoot het.
Van daar af sou daar net een uitkoms wees en met nog twee verdoelde drieë, een elk vir skrumskakel Ollie Hart, en regter vleuel Keegan Kleynhans is die wen vir hul span verseker.
Nadat Dinamika al hul plaasvervangers opgebring het, het hul bietjie momentum verloor, wat Jan Viljoen toegelaat het om ‘n troos-drie te gaan druk.
Dinamika sal nou vir Hoërskool Linden in die eindstryd ontmoet, maar dié Alberton-span staan ’n goeie kans om die titel huistoe te bring as hul speel soos wat hulle dwarsdeur die seisoen gewys het hulle kan.
As die Namies se indrukwekkende agterlyn goeie bal van die voorry af kry, behoort dit goed te gaan en hulle behoort sodoende ook goed te doen in die opkomende Beeldtrofee-reeks.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za



