School sportSport

Alberton leerling is ‘n Leeuwelpie

Hierdie jong kaptein en flank van Hoërskool Alberton is 'n rugbyspeler om dop te hou

ALBERTON spog met ‘n leerder van die Hoërskool Alberton wat gekies is vir die Goue Leeus se PUK Welpies rugbyspan.

Lunga Molele, flank en kaptein van die eerstespan vir die Allies, is baie bly oor die prestasie.

“Ek het eintlik nooit in rugby belanggestel nie. Dit was meer krieket en sokker, totdat ek my oom sien speel het, en van daar af was ek ‘hooked’,” sê die jong man.

Dié flank van formaat staan 1.84m lank, weeg 84kg en speel selfs partykeer op slot en agtsteman as hy daar benodig word, maar flank is sy gunstelling.

“Ek wil in die middel van die aksie wees,” sê hy.

Volgens Lunga, het hy nie vir dié prestasie gemik nie, maar eerder vir die Cravenweekspan, maar hy gaan nie daaroor kla nie.

Lunga sê hy is ‘n groot All Blacks en Goue Leeus aanhanger en sy gunstelling spelers is Siya Kolisi en Kieran Reed.

“Ek wil aanhou rugby speel en sal graag vir die Goue Leeus wil speel,” vertel hy.

”Sover studies gaan, beplan ek om besigheidsstudies by Wits of UJ te studeer,”sê hy oor sy planne vir die toekoms.

Een ding is verseker, ons sal ons oë op hierdie jong rugbyster moet hou, want hy het ‘n blink toekoms voor hom.

Ander rugby presteerders van Alberton is Roberto Torres en Blaze Smith (albei Marais Viljoen), wat verkies is vir die Golden Lions u.16 Academy-span, sowel as JJ Kruger (Marais Viljoen), wat as reserwe vir die Goue Leeus o.16 Welpiesspan verkies is.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button