Local sportSport

Groot rugby op Alberton

Die Noordelike Provinsiale Amateur Kompetisie word in Augustus by A-Square Forklift Alberton Rugbyklub gespeel.

GROOT rugby word in Augustus by A-Square Forklift Alberton Rugbyklub gespeel.

Op Saterdag 6 Augustus is die Goue Leeus vrouespan in aksie teen die Valke vrouespan om 15:00.

Teen einde Augustus word die Noordelike Provinsiale Amateur Kompetisie daar gespeel.

Gedurende die week van 22 Augustus tot 26 Augustus vind die volgende wedstryde plaas.

Maandag 22 Augustus pak die Pumas Laeveld die Valke om 13:00 aan, gevolg deur die Blou Bulle teen die Pumas Hoëveld om 15:00.

Die Goue Leeus XV-tal is ook in aksie teen die Luiperds om 17:00 gevolg deur die Goue Leeus teen die Limpopo Blou Bulle om 19:00.

Dan sal daar weer wedstryde op Woensdag 24 Augustus wees vanaf 10:00 tot 18:00 en die finale sal op Vrydag 26 Augustus vanaf 09:00 gespeel word met die hoofwedstryd wat om 15:00 sal afskop.

Vir meer inligting kontak Manie Reyneke by 082 891 5484.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button