LettersOpinion

Poskantoor is vuil

Inwoner verwag beter diens.

Ek is ’n huurder van ’n posbus by die hoofposkantoor in Alberton. Om deesdae my pos af te haal is alles behalwe ’n plesier.

Die area by die posbusse is vieslik vuil en die stank ondraaglik. By die venster reg bokant my posbus is ’n perdebynes – al vir maande. Daar word nooit skoongemaak nie.

Ek het al binne die poskantoor by die personeel gekla, maar hulle trek net hul skouers op. Wie se verantwoordelikheid is die skoonmaak daarvan?

Alle huurders betaal vir die gebruik van hierdie fasiliteit. Ons kan darem seker verwag dat dit skoongehou word.

Teleurgestelde inwoner

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button