Lede leer oor die Versamelvoël en wildevyeboom

Moet nie die volgende vergadering misloop nie.

DIE 788ste Sonskyn VLU-vergadering het op ’n hoë noot op Maandag 4 Julie afgeskop toe twee sprekers die vroue toegespreek het.

Die eerste gasspreker was Dries Herbst wat oor die Versamelvoël gepraat het. Die voël is endemies aan suidelike Afrika. Hulle trek gereeld rond en spog met groot neste wat bykans 500 nessies kan vat en oor ’n 1000kg weeg.

“In die ou dae het boere die nessies as voer gebruik,” het hy gesê. Die Versamelvoël verkeer baie sosiaal en is ’n saad en inseketer.

Giel Meyer was die tweede gasspreker en hy het lede meer oor die wildevyeboom wat ook die boom van die jaar is ingelig. Hy het aan hulle verduidelik dat die boom bekend is vir sy lugwortels. “Die wildevyeboom kan enkelstaande wees, maar saadjies kan in ’n ander boom ontkiem waar die wortels dan om die gasheer boom of plant slinger.”

Die tak se vroue was baie geinteresseerd in die praatjies en het baie vrae gerig aan die sprekers.

Belangstellendes kan Dini by 082 552 4683 skakel.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button