Watter jong seuns sal nog op ‘n Saterdagmiddag die straate in Randhart deurloop met plastieksakke en optelhakke gebruik om afval en papiere op tel tel.
Hulle was so moeg en nat gesweet toe ek met hulle gesels. Die volgende twee seuns Michael Waters Gr 8 en Jevan Botes Gr 9 kan werklik geluk gewens word met hul poging om skoon te maak.
Hulle was baie beskeie en na ‘n paar probeer slae om hulle af te neem toegestem om hulle af te neem en genoem dat hulle van First Brackenhurst Scouts is.
Dankie vir die jongmanne wat bereid is om uit te reik en nie net leeg te lê nie.
Marelie Rabie



