Marais Viljoen wen Coke-reeks
Skool se rugbybestuur- en spelers sien uit na die komende seisoen.
HOËRSKOOL Marais Viljoen is op 2 September as die algehele wenners van die Universiteit van Johannesburg (UJ) Coke Rugbyreeks aangewys toe hulle Monument met 23-19 gewen het.
Die driedrukkers van die wedstryd was Franco du Plessis met twee drieë, Heinrich Jacobs en Theunis Muller met een elk. Brendon Marchbank het ook weer gesorg vir goeie doelskoppe.
Die Coke-reeks is ’n plaaslike Noordvaal toernooi wat deur UJ georganiseer word en skop af na afloop van die gewone skool rugbyseisoen.
Agt skole speel in twee poele van vier in dié reeks en daar is ook ’n semifinaal en finaal. Die reeks is ’n o.17-reeks ter voorbereiding vir die 2017 seisoen. “Die seuns het baie goed by die plan gebly op die aanval en het met groot karakter verdedig. Dit is ook die eerste keer in die skool se geskiedenis dat Marais Viljoen die reeks wen en is ’n teken dat rugby ’n opwaartse kurwe wys en ons sien uit na die komende seisoen,” het Ryno Luus, die sportdirekteur van dié skool gesê.
Hulle het ook Monument met 21-2 geklop, Linden met 25-15, Hoërskool Middelburg met 58-0 en Hoërskool Alberton met 40-5.
Die skool bedank al die ondersteuning en borgskappe van die gemeenskap en die skool se ouers.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.





