Marlene deel haar storie
Emmanuel word bederf met bekende sangeres van Alberton.
MARLENE Vermaas het die Emmanuel lede werklik verras met haar besondere diep stem, tydens ’n onlangse vergadering.
Tydens haar optrede het sy deurgaans haar storie vertel, met haar eie liedere wat sy geskryf het, aangevul met liedere wat op videos verskyn het.
In 2004 is Marlene se lewe tot stilstand geruk deur ‘n tragiese gebeurtenis in hulle gesin. Na baie gebed en geloof, lewe sy nou voluit vir Jesus.
Sy vertel dat sy nou net Sy naam wil verheerlik deur haar sang. Haar nuutste album, “My Storie”, is onlangs vrygestel. Dit bevat kraakvars oorspronklike liedjies.
Sy het met “Glory Land” afgesluit.
Daarna het almal verdaag na die teesaal, vir ‘n kuiertjie en snoeperye. Die volgende vergadering vind op 13 Oktober, by die Alberton LewenSentrum, plaas.
Vir meer inligting, skakel vir Marelie Rabie by 011 864 1285.
Kyk ’n video van Marlene Vermaas hier:
https://www.youtube.com/watch?v=2-1G_WOw0EQ
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier:079 404 5789.



