
Die Albertonse Mannekoor bedank die Alberton RECORD asook alle inwoners wat ons so getrou geondersteun het by al ons optredes vanjaar.
Ons wens elkeen ’n Geseënde Kersfees en ’n veilige reis tydens die vakansie toe.
Ons het hard gewerk aan ons nuwe CD wat in 2017 beskikbaar sal wees en ons sal beslis die gemeenskap op hoogte hou van al ons optredes en funksies in die nuwe jaar.
Indien daar manne is wat graag wil aansluit by die koor, kontak my gerus by 083 232 0359. Ons heropen weer in Januarie.
Rienie Venter



