
Op 1 Augustus 2013, het Jeanette van Serve-U-Pools ‘n besoek aan ons gebring om vir ons te kom se dat daar wel reëlings gemaak was vir die nasien van ons swembad vir September.
Hulle het ook hulle diens gratis vir ons kom aanbied vir die onderhoud van die swembad vir drie maande. Ons kon dit amper nie glo nie, maar dit was wel ‘n werklikheid.
Hulle was bekommerd oor die swembad se toestand wat ons in daardie tyd nie eers aan gedink het nie. Mag julle net die seën van die Here in julle werk beleef, want julle is ook werklik omgee mense.
Ons verseker julle dat ons dit baie waardeer aangesien my man baie weg van die huis af werk, sal dit beslis baie help.
Johan en Adrie Nothnagel



