
Sondagoggend 21 Julie, stuur die Here vir ons ‘n engel. Iemand wat ons nie werklik geken het nie, maar wat baie duidelik saam met ons aan die Jesusfamilie behoort.
In daardie tyd het ons net donker en hartseer beleef asook baie lelike aanvalle van mense.
‘Al’s home cooked meals’ is mense wat voorbereide etes aan mense verskaf wat n wonderlike hulp en geleentheid vir baie mense bied.
Die etes word baie keurig en smaakvol voorberei. Hulle het vir ons gratis etes kom aanbied vir twee volle weke elke aand. Ons was sprakeloos en kon net die Here dankie se daarvoor. Daar is werklik nog mense wat die Here in hulle lewe uitleef net soos ons dit ook elke dag behoort te doen.
Dit was ongelooflik om sulke liefde en warm harte te ervaar na al die lelike en negatiewe dinge wat ons as gesin in hierdie tyd beleef het.
Baie dankie vir ieder en elk wat ons wel in hierdie tye in liefde omvou en steeds dra. Besonderse dankie aan Anton en Alet van ‘Al’s home cooked meals’, ons het dit werklik opreg waardeer.
Johan en Adrie Nothnagel



