Local sportSport

Allies reg vir rugbyseisoen

Tyron Loots lei vanjaar se eerste rugbyspan.

HOËRSKOOL Alberton se eerste rugbyspan het sedert Augustus 2016 as ‘n senior groep saam begin oefen om die 2017 rugby seisoen aan te pak.

Die seuns het hard gewerk en gesweet in hulle nuwe Allies Gym “Pyn Paleis”, waar Oom Jan Nel vir hulle konditionering verantwoordelik is. Die seuns het almal met rasse skrede verbeter ten opsigte van hulle spoed, plofkrag en fiesiese krag.

Daar het ongeveer 16 seuns van verlede jaar se eerstespan oorgebly wat die laaste wedstryd teen Hoërskool Linden gespeel het in 2016. In hierdie wedstryd was daar 11 Graad 11 seuns in die begin vyftiental wat uitgedraf het en sodoende baie ervaring oordra na die 2017 seisoen.

Hoërskool Alberton se o.17 Coke span het reeds in 2016 geskiedenis gemaak deur derde te kom in die UJ Cokereeks, wat ‘n prestige toernooi is en eintlik ‘n toernooi is wat makroskole akkommodeer.

Allies het hull stem dik gemaak in die toernooi deur met skole soos Hoërskool Florida, Hoërskool Kemptonpark en Hoërskool Klerksdorp af te reken.

Dié toernooi het ook as voorbereiding gedien vir hierdie seisoen.

Die seuns het op 18 Februarie eerstespan proewe gespeel om finale span keuses en afronding onder die knieg te kry.

Tyron Loots het al reeds laas jaar op die rugbyveld sy staal gewys in die nommer sewe trui en is ook vanjaar aangewys as die 2017 eerstespan kaptein.

Hoërskool Alberton sien uit na ‘n goeie seisoen en werk hard op die oefenveld om die visie na te streef. Hulle sou op 25 Februarie teen Oosterlig ‘n oefen wedstryd gespeel het, maar weens die rëen wat uitgesak het was die velde in Boksburg nie speelbaar nie.

Die span het op Saterdag, 4 Maart, uitgedraf in die NWU Super Reeks, ‘n reeks wat hulle drie keer al gewen het.

Met uitgeslape afrigters soos Pieter Aucamp en Freek Erasmus gaan die span beslis goeie rekenskap van hul self gee.

Hulle wedstryd bepalings vir die NWU reeks is as volg:

*11 Maart Dr Malan (weg);

*18 Maart Brits (tuis);

*25 Maart Secunda (weg);

*30 Maart Hans Moore (weg);

*22 April, finale dag, ook ‘n weg-wedstryd op Dr Malan se velde.

Lees meer oor Hoërskool Alberton:

Alies het gees

Top presteerders van Hoërskool Alberton

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button