LettersOpinion

Dankie, Hoërskool Dinamika!

Die aanbieding was werklik PUIK en die revue was asemrowend mooi.

“DANKIE” is ‘n klein woordjie, maar beteken ook onsettend baie. Graag wil ek die personeel wat betrokke was met die hantering van die revue hartlik bedank, asook die leerlinge wat soveel tyd en oefening ingesit het vanaf September, verlede jaar.

Meneer Schutte kan opreg trots wees op die vriendelike leerlinge. Ek weet nie wie almal gehelp het nie, behalwe Susan Labuschagne en ander personeel. Die aanbieding was werklik puik en die revue was asemrowend mooi. Geluk aan alle deelnemers.

Dankie ook dat ons afgetrede personeel so spesiaal uitgenooi is en getrakteer was met geskenke, tee, koffie en verversings. In besonder wil ek vir Ina van Staden en die hotelskool-leerlinge bedank vir hulle wonderlike optrede.

Ek is by my motor ontvang deur ‘n vriendelike dogter en welkom geheet. Sy het my na nog ‘n vriendelike seun geneem waar hy my na die saal vergesel het, en sowaar – daar lê die rooi tapyt uitgegooi! Wat ‘n voorreg om so ‘n uitmuntende verwelkoming te ontvang. Julle was fantasties!

Ek skryf hierdie briefie ook namens die Emmanuel afgetredenis-groep van Alberton LewenSentrum.

Dankie.

Marelie Rabie

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button