Hoërskool Alberton wen teen Dinamika
Dinamika het goed gekompeteer in die skrums en lynstane, maar het te veel balbesit aan hul opposisie oorgegee onder druk, wat hulle duur gekos het.
HOËRSKOOL Alberton het afgereken met Dinamika in hul onlangse rugby kragmeting.
Die wedstryd het baie goeie ondersteuning geniet met ‘n goeie skare in hierdie derby vol gees en passie.
Allies het beter begin en het van die begin af druk op Dinamika gesit, veral in die agterlyn, met speler van die wedstryd, Jonathan Potgieter (heelagter), wat sy wil op die opposiesie toegepas het en die vleuels selfs gewys hoe.
Dinamika het goed gekompeteer in die skrums en lynstane, maar het te veel balbesit aan hul opposisie oorgegee onder druk, wat hulle duur gekos het.
Namies het op tye amper skrikkerig gelyk en die voorspelers van die Allies hopeloos te veel spasie gegee om te doen wat hulle wil, wat gelei het tot die eerste drie deur Allies flank Sfundo Nkosi.

Dissipline in albei spanne was merkwaardig, met net een klein onderonsie wat vinnig oorgewaai het en verder is die wedstryd gekenmerk aan skoon spel.
Alberton het nog drie punte op die bord gesit met ‘n strafskop en het die eerste helfde beëindig op agt-nul in die tuisspan se guns.
Na die breek, het die Allies weer sterk begin en dit was nie lank voor hulle hul voorsprong verder verleng het nie.
‘n Briljante agterlyn beweging het gemaak dat vleuel Kallie Grung Dinamika se verdediging deurboor het om ‘n uitmuntende drie te druk.
Van daardie punt af het dit gelyk of Dinamika net nie meer al die druk kon hanteer nie en die Allies het meer en meer begin domineer.
Alberton het nog ‘n paar drieë gaan druk, maar Dinamika het nie opgegee nie en het ten minste een drie gaan druk wat ook suksesvol verdoel is.
Die eindtelling was 32-sewe, wat verseker het dat die Allies ‘n bonuspunt ontvang het.
Dit was ‘n opwindende wedstryd waarop albei spanne trots kan wees.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



