School sportSport

Hoërskool Alberton rugbyspan een stap nader aan eindstryd

Allies het nog 'n bonuspunt wen ingepalm in die Grootskole Liga waar hulle tans tweede lê, slegs een punt agter die Hoërskool Linden.

HOËRSKOOL Alberton is een tree nader aan die eindstryd nadat hulle met ‘n moeilike Jan Viljoen afgereken het.

Op 27 Mei het die Allies in Randfontein kragte met die tuisspan gemeet en het bo uitgekom.

Allies het die eerste helfte goed gedomineer met balbesit wat hul regoor die veld versprei het.

Hulle moes ongelukkig, weens Jan Viljoen se verdediging, sowel as kanse wat hulle verbrou het, tevrede wees met twee drieë wat aangeteken was deur hul twee uithaal spelers, Ruan Muller (binnesenter) en Jonothan Potgieter (heelagter). Albei drieë is deur Muller verdoel, wat vir Alberton voor halftyd ‘n voorsprong van 14-nul besorg het.

In die twede helfte het JanViljoen met n barshou begin en is beloon met ‘n drie deur goeie voorspeler spel. Die drie was nie verdoel nie, maar hulle het beslis die besoekers laat verstaan dat hulle nie van plan was om net tou op te gooi nie. Allies het terug geantwoord met n pragdrie deur hul agterlyn wat naweek na naweek al meer beindruk met die kwaliteit van spel wat hulle lewer. Allies se spelpatroon het die gate laat oopgaan in Jan Viljoen se verdediging en sodoende gesorg vir ‘n drie deur Ruben vd Berg (skrumskakel) en is verdoel deur Muller.

Jan Viljoen het weerens teruggeveg en Allies se oorgretige verdediging se disipline op die verdedigingslyn is keer na keer gestraf, met Jan Viljoen wat die voordeel uitgebyt het en twee drieë ingepalm het.

Alberton het dadelik geantwoord met ‘n verdoelde drie deur die kaptein, Mark Swart (slot).

Jan Viljoen was nog nie klaar nie en het weereens met sy voorspelers gemaal en oor die doellyn geboender vir die laaste punte in die wedstrys wat die telling op 33-20 in Allies se guns laat eindig het.

Daar moet genoem word dat die Allies se losskop stut, Dimitri Koutoulogenis, wat week na week die vededing van sy teenstanders vernietig deur sy kraglopies, mens laat kopkrap waarom so talent nie sy provinsie verteenwoordig nie.

Allies het nog ‘n bonuspunt wen ingepalm in die Grootskole Liga waar hulle tans tweede lê, slegs een punt agter die Hoërskool Linden.

Allies hou die druk op Linden, maar hulle moet net versigtig wees vir die sagte drieë wat hulle van tyd tot tyd afstaan.

*Artikel deur Wayne Raath.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button