My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas
'n Suiwer Afrikaanse regie het die gehoor laat huil van die lag met hul vergoog optrede My Vrou Se Man Se Lyk Se Tas.
‘n Regie deur Frans Swart, met Chris van Niekerk, Lulu Botha, Paul Lückhoff en Amalia Uys het die verhoog by Emperors Palace verlig met hul humor op 15 Oktober.
‘n Tas met sevehonderd duisend Britse pond, ‘n liggaam gevind met sy gesig af in die Thames rivier en ‘n Oos – Europese stem herhaaldelik en veeleisend bel om met iemand te praat met die naam “Burfkas” maak alles vir ‘n mal komedie.
Na sy eie tas per ongeluk gerruil word met ‘n ander een wat £ 735 000 inhou, besluit kantoor werker Henry Perkins (Chris van Niekerk) om die geld te hou. Haastig jaag hy huis toe om sy vrou, Jean (Lulu Botha), in te stem om saam met hom Barcelona toe te vlug.
Om die huis te verlaat, word baie moeiliker as wat Henry verwag het. Sy vrou is die hele dag besig met skoonmaak, het ‘n hoender in die oond, en sien uit na hul vriende, Vic (Chris van Rensburg ) en Betty Johnson se ( Amalia Uys ) aankoms vir aandete… dis Henry se verjaarsdag.
Wanneer die deurklokkie vir die eerste keer lui, maak die deur letterlik en figuurlik ‘n aand van beproewinge en swaarkry oop en bestaan uit ‘n ondersteunende span akteurs van ‘n korrupte speurder (Paul Lückhoff), ‘n ontstelde taxi bestuurder (Duncan Johnson), ‘n tee drang polisiebeampte (Botha Enslin) en ‘n mafia grunt met die naam Mr Big (Phillru van Achterbergh) .



