EntertainmentLifestyle

Die Heuwels Fantasties maak baanbreker musiekvideo

“Mense wat nie by die konsert was nie kan nou ervaar hoe dit was en ‘n gevoel kry van hoe dit is om saam met ons op die verhoog te wees”

DIE Heuwels Fantasties het vir ’n eerste in Suid-Afrikaanse musiek gesorg met ’n spesiale musiekvideo. LucanTV in samewerking met Haddad Viljoen het tydens Die Heuwels Fantasties se OKAY! album bekendstelling op 5 Mei een van Suid-Afrika se eerste 360°-musiekvideo’s vervaardig. Dié video, van die snit Gebruik My, is pas uitgereik.

Kyk die video hier: 

Volgens Pierre Greeff, hoofsanger en stigterslid van Die Heuwels Fantasties wou hulle graag iets groots doen vir die nuwe album. “Sover ons weet is dit die heel eerste keer dat ’n musiekvideo in Suid-Afrika regstreeks in die virtuele werklikheid opgeneem word (oftewel as ’n 360°-video)”, sê Pierre. “Mense wat nie by die konsert was nie kan nou ervaar hoe dit was en ’n gevoel kry van hoe dit is om saam met ons op die verhoog te wees”. 360°-video’s word op dieselfde tyd met ’n klomp kameras geskiet en dan in een video gekombineer sodat die kyker hom ten volle daarin kan inleef.

OKAY! is nou in alle goeie musiekwinkels landswyd beskikbaar en kan ook by www.suprashop.co.za aangekoop word.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button