HOËRSKOOL Marais Viljoen het onlangs ’n landloopliga, waaraan meer as 10 ander skole deelgeneem het, gewen.
Die atlete het die senior seunsafdeling, senior meisies afdeling en junior seunsafdeling gewen. Die junior meisies het tweede in hul afdeling, met net twee punte minder as die wenners, gekom.
Die senior seuns, senior meisies en junior seuns het volpunte vir die drie afdelings behaal. Die junior meisies het 37 punte teenoor Dinamika se 39 punte behaal.
Volgens die skool is dit ‘n ongelooflike prestasie en een wat nog nie voorheen, indien ooit, behaal is nie. Marais Viljoen het die atlete, afrigters, organiseerders en ouers bedank.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



