Laerskool Randhart oorheers Suid-Oosrand krieket
Die o-9 span het ook goed gevaar en 'n derde plek behaal.
VANJAAR het Laerskool Randhart se krieketspelers behoorlik stof in hul opponente se oë geskop deur vier van die vyf ligas te wen.
Die o-10, o-11, eerste en tweede spanne het almal in die finaal met hul teenstanders afgereken en het die trofees in Randhart se trofeekas kom bêre. Die o-9 span het ook goed gevaar en ‘n derde plek behaal.
“Ons is voorwaar trots op elke speler en afrigter wat by elke oefening en wedstryd hul beste gegee het. Ons sien uit na die 2018 seisoen,” sê Michael Boucher van die skool.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



