Laerskool Randhart se netbalpresteerders
Dit is die eerste keer dat hierdie prestasie Laerskool Randhart te beurt geval het.
LAERSKOOL Randhart is onlangs as die beste netbalskool in Gauteng aangewys.
Dit is die eerste keer dat hierdie prestasie Laerskool Randhart te beurt geval het en kan heel waarskynlik toegeskryf word aan die feit dat hulle die plaaslike liga, sowel as die Super 12-kompetsie, oorheers het.
Mev M Steenkamp, afrigter van die o-12-netbalspan, wat die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gewen het, was ook tydens hierdie spoggeleentheid as die beste netbalafrigter van die jaar aangewys.
“Twintig-Sewentien is voorwaar ‘n geseënde jaar vir Randhart. Dankie aan elke afrigter en speler wat vanjaar alles gegee het en die vrugte gepluk het,” sê Michael Boucher van die skool.
Lees Ook:
Cultural extravaganza winners impress
Matrieks skitter by hul afskeid
Alberton se matrieks asemrowend mooi
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



