EntertainmentLifestyle

’n Oggend wat jy nie mag misloop nie

Ryan Walt en Steven Sterling het die Cansa Temalied Take my hand Forever opgeneem en hul kom Alberton, ten bate van Cansa en die Cantare streeks- en ontwikkelingskore, besoek.

NEEM Cantare Kinderkoor se hand in die fondsinsamelingsoggend saam met die sangers van Cansa se temalied, Take my hand Forever.

Ryan Walt, by verre Suid-Afrika se beste panfluitspeler met 22 albums wat al oor die 115 000 eenhede verkoop het, kom in Alberton optree. Ryan en Steven Sterling het die Cansa Temalied Take my hand Forever opgeneem en hul kom besoek Alberton ten bate van Cansa en die Cantare streeks- en ontwikkelingskore.

Hulle tree op in die NG-kerk Alberton-Suid op 11 November om 10vm. Die vertoning vind binne die kerksaal plaas met verversings buite tydens pouse beskikbaar. Daar sal ook stalletjies wees vir diegene wat kersgeskenke soek of hulself net wil bederf.

Kaartjies kos R120 elk en is beskikbaar by Carlien by 082 257 1407. Dit sluit ’n vingerete en ’n gelukkige trekking vir allerlei pryse in.

Die twee musieksterre het al diep spore in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf getrap – Steven het al Suid-Afrika by die Eurovision Kompetisie in 2012 verteenwoordig, al oor die 1 650 vertonings gelewer en 75 nasionale toere meegemaak. Hy het ook die ATKV Afrikoon Toekenning as SA Musiek Ambassadeur ontvang.

As akteur het hy al draaie geloop in Binnelanders, Getroud met Rugby, High Rollers en was hy Barend Kemp op 7de Laan.

Hulle word gereeld by die KKNK, Aardklop en ander feeste oor die land gehoor.

Ryan Walt se panfluitmusiek word op 35 radiostasies in Suid-Afrika gespeel en nadat hy as Vonk Rapport se nasionale wenner vir Beste Instrumentele Album in 2010 aangewys is, het sy musiek op 18 kompilasie albums verskyn soos musiekmaatskappye die gehalte van sy musiek erken het.

Hierdie beloof om ’n oggend te wees wat ’n verskil in baie mense se lewe gaan maak. Ryan en Steven se onbaatsugtige optrede beteken dat alle fondse na Cansa en Cantare gaan. Kom ondersteun nie net ’n goeie saak nie, maar hoor ook twee uitsonderlike Suid-Afrikaanse musici.

Lees Ook:

Oudisies vir Cantare Kinderkoor

Polfyntjies vir Kersfees

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button