LettersOpinion

Armoede neem toe

Alberton het al hoe meer bedelaars.

Het jy al opgelet hoeveel boemelaars en bedelaars daar in ons area is? Ek ry daagliks die Swartkoppiespad en ek sien elke dag ’n nuwe gesig wat bedel.

En dit sê net vir my dat die lewe te erg word en dat armoede meer en meer toeneem. Mense word afgedank of kry nie werk na matriek nie en dit is hoe meeste van hulle op die straat opeindig – wel dit is my opinie.

Ek ry met ’n houer in my kar waarin ek al my kleingeld gooi en ek gee vir die boemelaars geld waar ookal ek een sien, maar dit raak nou hopeloos te veel en ek voel net dat ek nie vir elkeen meer kan gee nie.

Maar daar is ook iets wat my kwaad maak en my vrygewige hand wil laat terugtrek. Wanneer hulle vra vir geld en jy nie gee nie, dan gooi hulle jou ’n paar tekens.

Dit is net skrikwekkend hoe baie boemelaars en bedelaars hier in Alberton is.

Motoris – Brackenhurst

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button