EntertainmentLifestyle

Groep groet die jaar met ’n feestelike afskeid

Tradisionele Afrikaanse treffers, tydlose Country, Gospel, Jodel en sy eie oorspronklike liedjies – daar het niks geskort nie!

VIR die lede van Emmanuel was hul laaste funksie vir die jaar een groot feestelike propvol bederf. Emmanuel het op 6 November hul jaarlikse afsluitingsvergadering by die Alberton LewenSentrum gehou. Afrikaanse sanger Rian Ungerer het weer kom kuier.

Voordat Marelie Rabie, voorsitter van Emmanuel vir die afgelope 14 jaar, almal verwelkom en bedank het, het daar lekker Afrikaanse agtergrondmusiek gespeel en party Emmanuel-lede het sommer saam met die musiek in hul stoele gewieg. Dis nog voordat die ‘regte’ musiek begin het!

Dit was ’n feestelike byeenkoms en elkeen het ’n klein geskenkie by hul sitplek ter viering van opkomende Kersfees gekry. Die tafels was weer eens netjies met wit tafeldoeke en blomme versier.

Hierdie was Rian se derde besoek aan Emmanuel en dit blyk asof dit tradisie word dat hy met sy musiek Emmanuel se jaarlikse afsluitingsvergaderings afsluit. Sy klankman, Christiaan van Zyl, het hom vergesel.

Met ’n groot verskeidenheid albums en liedjies kon Rian vir almal in die gehoor ’n smakie van hul gunsteling musiek aanbied. Tradisionele Afrikaanse treffers, tydlose country, gospel, jodel en sy eie oorspronklike liedjies – daar het niks gekort nie!

Daar was ook van sy CDs te koop vir die wat by die huis verder wou luister. Almal het dit vreeslik geniet, vir hom ’n hartlike applous gegee en dit sal nie nie verbasend wees as hy weer terugkom vir ’n encore nie.

Na die optrede het almal ’n bordjie vingerhappies, ’n koppie koffie en geselskap saam geniet. Só groet Emmanuel vir 2017 en sal weer volgende jaar bymekaarkom.

Indien jy belangstel om by Emmanuel aan te sluit, of enige navrae het, bel gerus vir Marelie Rabie tussen 8.30vm en 8.30nm op 082 462 8676.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button