Local sportSport

VIDEO: Ondersteun gerus die ringtennisklub

As jy ’n liefde vir kompeteer het mag ringtennis dalk reg in jou kraal wees.

MISKIEN het jy al voorheen gewonder waarvoor daardie sportbane langs Florentia KFC in Tweedelaan is of miskien weet jy al klaar dat dit die Alberton Ringtennisklub is.

ONS DIEN: Om die ring vanaf buite die baan te gooi, word ’n “dien” genoem en word deur iemand van die span wat sopas ’n punt gekry het gedoen.

Ten spyte van tien bane waaro vier mense op ’n slag per baan gewoonlik speel, is dit ’n klein klub met min spelers.

Ringtennis is nou nie die bekendste sport ter wêreld nie, maar dis baie pret, ’n rustiger vorm van oefening en met genoeg oefening kan enigiemand dit sommer vinnig bemeester.

LEKKER SPEEL: Ringtennisspelers het ’n gewoonte daarvan gemaak om vir mekaar “lekker speel!” voor elke rondte te skreeu.

Daar word somtyds ernstige kompetisies gehou – soos volgende jaar se Ringtennis Wêreldkampioenskappe wat in Minsk, Belarus aangebied gaan word – so as jy ’n liefde het vir kompeteer mag ringtennis dalk reg in jou kraal wees. Daar is ook ’n vriendelike atmosfeer tussen spelers en almal kom goed oor die weg met mekaar omdat die groep so klein is.

RINGE WAT VLIEG: Daar bo trek ’n rubberring nadat ’n speler dit oor die net gegooi het.

Daar word twee keer per week oefensessies gehou – Dinsdae en Donderdae aande om 7nm. Dit hou gewoonlik aan tot so 8-8.30nm en daarna geniet almal ’n koppie koffie saam in die ringtenniskamer voordat hulle huis toe gaan. Dis mos nou lekker!

VIDEO:

Sluit gerus aan by die Alberton Ringtennisklub – enigiemand is meer as welkom. Kontak vir Elna Fensham op 071 450 9872 vir enige navrae.

SOOS ‘N BLITS: Spelers moet soms blitsvinnig op hul voete wees om die ring betyds te vang.
STAAN GEREED: Almal neem hul plekkie op die baan voordat die rondte begin.
GOEIE HAND: Tensy jy weet hoe om jou hand te hou, is dit soms moeilik om die ring te vang.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button