Local sportSport

Alberton stoeier neem deel aan Wêreldmeesterskampioenskappe

Sutton se eerste geveg was teen die Iranees Ahmad Rodbari Saghaei wat hy met 0-4 verloor het.

EEN van Alberton en Suid-Afrika se helde, Chris Sutton het weer eens sy staal as ’n stoeier van wêreldgehalte gewys.

Die Suid-Afrikaanse meesterstoeispan het pas van ’n baie geslaagde deelname aan die wêreldkampioenskappe, wat in Oktober in Plovdiv, Bulgarye gehou is, teruggekeer.

Hoewel Sutton nie daarin kon slaag om sy titel te verdedig nie, kan hy steeds baie trots wees op sy prestasies.

“Dinge het net nie vanjaar volgens plan verloop nie,” het Sutton, wat die afgelope paar jaar baie goed vertoon het by dié kampioenskappe, gesê.

IN AKSIE: Chris Sutton in een van sy gevegte.
*Foto verskaf.

Sutton, wat in die kategorie D (100kg) klas stoei en wat verlede jaar vrystyl-wêreldkampioen, ná ’n omstrede wedstryd teen ’n Rus wat weens vuilspel gediskwalifiseer is, geword het, het vanjaar ’n bronsmedalje gewen.

Sutton se eerste geveg was teen die Iranees Ahmad Rodbari Saghaei wat hy met 0-4 verloor het.

Sy tweede wedstryd teen die Duitser, Detlef John, het hy met 4-8 verloor, maar later in ’n taai wedstryd teen Angelov Trayan van Macedonië het hy sy derde wedstryd met 4-4 (voordeel aan Sutton) gewen.

Nog ’n legende, Willem Putter, het dubbelgoud in die Grieks-Romeinsestyl, sowel as vrystylkategorie, huis toe gevat.

Suid-Afrika se stoeiers het vierde uit die 45 lande wat deelgeneem het geëindig – ’n besonderse prestasie.

*Verskaf deur Wayne Raath (geredigeer).

Lees Ook:

Eisteddfod glory for Alberton siblings

Union edged out by Police

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button