
Die jaar 2017 het verbygesnel. Dit was ’n jaar vol opwindende dinge, maar ook ’n moeilike finansiële jaar vir Ligstad. Ons kon ten spyte van ’n moeilike ekonomiese klimaat voortgaan om die gemeenskap van Alberton te bedien, maar ons is baie bewus daarvan dat dit nie moontlik sou wees sonder ons lojale donateurs en vennote nie.
Baie dankie vir u ondersteuning deur die jaar op welke manier ook al. As donateur en vennoot van Ligstad maak u die visie van Ligstad waar, naamlik om die gemeenskap betrokke te kry vir die opbou van die gemeenskap waarin hulle woon en werk en ons eer u vir die beantwoording van u roeping ten opsigte hiervan.
Ons wens u en u geliefdes ’n baie geseënde Kersfees toe en ’n voorspoedige 2018. Ons sien daarna uit om die werk in ons gemeenskap saam met u in die nuwe jaar voort te sit .
Ligstad
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



