
Die senior lidmate van die NG-kerk Alberton-Wes (ook bekend as die Klipkerk) het baie jare gelede hul eie Bybelstudie-groep in die lewe gebring. Hul eerste roeping was om intens met die Bybel besig te wees en tyd in gebed deur te bring.
Die groepsbespreking getuig van hul jare se ondervinding en hulle kennis van die Bybel. Hierdie wysheid word met passie onderling gedeel. Tesame daarmee is die liefde wat hulle met hul saamdra en op elke terrein van die samelewing uitleef.
Hulle skakel aktief in by die gemeente-aksies met klem op die uitreike na die gemeenskap. Só het hulle fondse vir die Noord-Kaap se vroeë kinderontwikkelinguitreik waarby die gemeente betrokke is, ingesamel.
Deel van die uitreike is om ook as groep met mekaar saam te reis en hulle omgee vir mekaar in dade om te sit. Hulle druk op mekaar se nommer, ondersteun en versterk mekaar op daaglikse basis. Alle eer aan ons Heer!
Hulle kreatiwiteit en spontane deelname en betrokkenheid dra by tot energieke en opwindende byeenkomste. Die Bybelstudie word sigbare dade van liefde en ondersteuning. Hulle kry ook van tyd-tot-tyd persone wat hulle kom besoek en kundigheid met hulle deel.
Die kerk en gemeenskap sal beslis baie armer wees sonder hierdie aksies en saamreis. Elke individu dra by tot die kleurryke verhaal wat hulle besig is om elke dag in die gemeenskap van Alberton te skryf. Daarom is hulle ook baie dankbaar vir die ondersteuning en hulp wat hulle byvoorbeeld van Apple Tree at Old Dion Centre, Directors Joe, Madaleina and staff Life Style Centre, kry.
Jerry Fourie namens die Witgoud Omgeegroep
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



