Mannekoor twintig jaar oud
Die Mannekoor vier op 10 November by die Burgersentrum Alberton om 15:00 hulle twintigste verjaarsdag.

Kaartjies verkoop teen R60 per person. Kore wat optree: Die Albertonse Mannekoor, Albertonse Dames Koor en die Cantare Kinderkoor.
Almal is welkom asook oud koorlede. Indien daar instansies of skole is wat fondsinsameling wil hou dmv kaartjieverkope is hul welkom om Rienie Venter 083 232 0359 te skakel.
Die Mannekoor staan ‘n bedrag af per kaartjie vir belangstellendes. Kaartjies is ook beskikbaar by die Mannekoor lede asook by Rienie.
Koorprogram:
*Sondag 3 November om 19:00 – NG Gemeente Secunda Goedehoop – Kerssangdiens saam met skoolkore van die Secunda omgewing.
*Sondag 10 November om 15:00 hul groot verjaarsdag.
*Sondag 17 November om 09:00 – NG Gemeente Driehoek inVanderbijlpark.
*Sondag 17 November om 19:00 – NG Gemeente Bethal – Kerssangdiens.
*Sondag 24 November om 09:00 – NG Gemeente Forest Hill – Kerssangdiens.
*Sondag 24 November om 19:00 – NG Brackenhurts – Kerssangdiens.
*Sondag 1 Desember om 09:00 – Hervormde Kerk Alberton – Kerssangdiens.



