Ons het al vir almal en alles probeer, maar niemand kom terug met hulp in verband met ons probleem bure nie.
Ons bure in Kromsbergstraat, Albertsdal, wat ons nou teen die mure laat uitklim, skiet hier groot bom vuurwerke wat ons weet nie wettig is nie.
Hy skiet ook met ‘n verfbalgeweer, wat die polisie sê hy mag, solank hy ons nie skiet nie.
Ons honde is permanent onder verdowingsmiddels (vir die harde slag van die vuurwerke en verfbalgeweer en hul harde musiek wat ons vensters laat dreun met die bas wat ek dink absoluut onmenslik is).
Kan iemand ons asseblief van kontaknommers voorsien of persone of raad gee wat om te doen?
Gefrustreerd
Die RECORD het met Lindi Moloi, woordvoerder vir die Brackendowns polisie, gepraat en hier is wat sy sê: “Ons reageer altyd op sulke klagtes en sê vir die mense om hul musiek sagter te sit omdat dit hul bure pla. Mense moet 10111 skakel of hul naaste polisiekantoor as hulle sulke probleme ondervind.” (Kommentaar vertaal vanaf Engels).
Die Ekurhuleni Metropolitaanse Polisie Diens (EMPD) het nog nie kommentaar hierop gelewer nie.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



