School sportSport

Nóg vyf genooi na Sri Lanka

Vyf spelers is gekies om tussen 8 en 18 Desember van hierdie jaar in Sri Lanka gaan toer.

MET verwysing na die artikel genaamd “Marais Viljoen krieketspeler na Sri Lanka” uit 17 Januarie se REKORD-uitgawe op bladsy 23, is daar nóg vyf spelers uitgenooi na die land.

Marais Viljoen se o-15 krieketspan het tydens die onlangse skoolvakansie na Durban getoer en aan die “Duke u-15 Cricket Festival” deelgeneem.

Na afloop van die week-lange toernooi, is vyf spelers gekies om om deel te wees van die Dukes o-15 uitnodigingsspan wat tussen 8 en 18 Desember van hierdie jaar na Sri Lanka gaan toer.

Dié sluit in Henré van Zyl, Nathan Steyn, Zane de Swardt, Luan Bisschoff en Blaine Peterson.

Hulle sluit by nóg twee Marais Viljoen atlete aan wat in die buiteland gaan toer. Krieketspeler Rehan le Maitre is verlede jaar gekies om in Junie vanjaar na Sri Lanka te toer en Carla Hattingh, hekkiesatleet, gaan ook in Junie in Nederland deelneem.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button