School sportSport

Sportskool van die Jaar – Hoërskool Marais Viljoen

JD en Carla is albei deel van die IAAF Wêreld Atletiekorganisasie.

HOËRSKOOL Marais Viljoen is onlangs vir die tweede keer as Ekurhuleni-Suid se Sportskool van die Jaar aangewys. Bo en behalwe vir dit, spog die skool met twee wêreldklas atlete, Carla Hattingh en JD Prinsloo.

Die skool is op 9 Februarie tydens ’n sport toekenningsbyeenkoms in Ruimsig (waar selfs Usain Bolt aanwesig was) vir die tweede keer in ’n ry as Ekurhuleni-Suid se Sportskool van die Jaar aangewys. Die skool is ook aangewys as span van die jaar.

Ryno Luus, sportdirekteur van die skool, wat die toekennings in ontvangs geneem het, het die sukses van die skool aan die toewyding, insette en entoesiasme van almal betrokke toegeskryf.

“Aan alle atlete, afrigters, ondersteuners en veral ouers – baie dankie en baie geluk. Elkeen dra by tot ons sukses,” het Ryno gesê.

Carla Hattingh en JD Prinsloo is dan twee van die skool se wêreldklas atlete. Carla is by dieselfde byeenkoms aangewys as Sportvrou van die Jaar, al kon sy nie self die geleentheid bywoon nie as gevolg van ’n ander sportbyeenkoms waaraan sy moes deelneem.

PRESTEERDER: Carla Hattingh hardloop fluks oor die eindstreep. *Foto verskaf.

JD en Carla is albei deel van die IAAF Wêreld Atletiekorganisasie, tans in die o-18 ouderdomsgroep.

JD het op 7 Februarie die 400 meter gehardloop in ’n tyd van 48.71 sekondes by die Noordheuwel Top 15 atletiekbyeenkomste by die UJ-stadion in Johannesburg – amper ’n sekond minder as die 49.32 sekondes wat hom as posisie 14 op die IAAF-tabel geland het.

Volgens dié tabel het Carla ook baie goed gedoen met die 200 meter in 27.4 sekondes. Wat ’n prestasie.

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button