School sportSport

Marais Viljoen wen by Ekurhuleni Sports Awards

“Julle maak Marais Viljoen baie trots.”

MARAIS Viljoen Hoërskool is in hul skik oor doe baie goeie prestasies wat hulle by die onlangse Ekurhuleni Sports Awards verwerf het.

Dié prysuitdeling het op 9 Februarie by Hoërskool Alberton plaasgevind. Marais Viljoen was die finalis skool in vier kategorieë, naamlik sportman van die jaar (Louis Liebenberg was genomineer), sportvrou van die jaar (Carla Hattingh was genomineer), o-15A rugbyspan van die jaar en sportskool van die jaar.

Marais Viljoen het die drie laasgenoemde kategorieë gewen. Dit is dan die tweede agtereenvolgende jaar wat Marais Viljoen as sportskool van die jaar aangewys is.

“Weereens baie geluk aan almal wat dit moontlik gemaak het,” het Wolfram Zwecker namens die skool gesê. “Julle maak Marais Viljoen baie trots.”

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button