‘n Distrik vol Ranties
Na die distrikkampioenskappe is Laerskool Randhart weereens aangewys as atletiekskool van die jaar.
LAERSKOOL Randhart was vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangewys as die beste atletiekskool in die distrik.
Laerskool Randhart het op 23 Februarie aan die jaarlikse distrikkampioenskappe deelgeneem. Daar was 62 leerlinge van die skool teenwoordig.
Ten spyte van ’n koelerige dag was die aksie op die baan witwarm. Ranties atlete het die kans gekry om hulself teen die beste in die distrik te meet en het hulself goed van die taak gekwyt. Sewe-en-twintig Laerskool Randhart atlete het gekwalifiseer om die Ekurhuleni-Suid distrik by die Gautengkampioenskappe te verteenwoordig. Hierdie is die hoogtepunt van die Ranties se atletiekseisoen.
By ’n ere-plegtigheid wat erkenning gegee het aan die distrik-atlete was Laerskool Randhart weer as die atletiekskool van die jaar aangewys. Hierdie toekenning bestaan al vir vyf jaar en Randhart het die toekenning nog elke jaar ontvang. Hierdie is saam met die toekenning van Sportskool van die Jaar wat Randhart al vir twee agtereenvolgende jaar hou.
Lees ook:
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



