Local sportSport

Allies wys wie is baas

Sterkte aan die spanne vir die volgende wedstryde.

HOËRSKOOL Alberton se rugby beleef ’n uitstekende 2018 rugbyseisoen met al hulle spanne wat bobaas rugby speel.

Die eerste span het vanjaar die NWU Vaal superreeks gewen en is ook vanjaar se grootskole ligawenners. Die tweedes en die o-16 span het ook die NWU Vaal superreeks gewen en is ook as Grootskole ligawenners gekroon.

Allies spelers van die eerstespan en die o-16 span kwalifiseer outomaties vir die Goue Leeus grootskole finaal.

Die o-14 rugbyspan het in hulle vier ligawedstryde 164 punte aangeteken en slegs 29 afgestaan en speel in die semi-finaal van die Goue Leeus grootskole kompetisie teen Hoërskool Randburg.

Allies se 0-15 span het gewys wat in hulle steek deur Hoërskool Randburg te klop tydens hulle laaste ligawedstryd en het na die semi-finaal deurgegaan.

AKSIE: Allie rugbyspelers in aksie tydens ’n wedstryd.

“In kort, vier uit die vyf spanne het in die NWU Vaal Sportreeks-finaal gespeel asook al Hoërskool Alberton se rugbyspanne speel uit vir die Goue Leeus grootskole trofee. Dit is voorwaar ’n reuse prestasie en ’n duidelike aanduiding van die afrigters se harde werk en ’n aanwyser van die rigting waarnatoe die skool beweeg. Ons hou duimvas vir al die spanne wat uitspeel,” het Pieter Aucamp van die Allies gesê.

READAllies the pride of Alberton

Marais Viljoen afrigter help Springbokke

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton RecordComaro ChronicleSouthern Courier and Get it Joburg South Magazine.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.zajuliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za

Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Alberton Record as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button