Meer as 70 atlete van Marais Viljoen neem deel aan landloop byeenkoms
Die landloop seisoen is hier.
DIE eerste landloopbyeenkoms het op Vrydag, 20 Julie by die Meyerplaas plaasgevind.
Hoërskool Alberton het die byeenkoms aangebied en daar was meer as 70 atlete van Hoërskool Marais Viljoen. Spesiale vermelding moet gemaak word van die eerste en o-14 hokkiemeisies wat as ’n span gaan deelneem het.
Die uitslae per ouderdom sal eers later deurgegee word, maar daar was heelwat eerste, tweede en derde plekke. Die skool het Johan en Karen Matthyssen bedank vir alles wat hulle namens die skool gereël het.
Die volgende landloopbyeenkoms vind in die laaste week van Julie by die Thaba Trails naby Mall of the South plaas.
READ:
Marais Viljoen draf Kempies kaf
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



