Weet mense nie hoe om te ry nie? Dit frustreer my so as ek self op die pad ry en die reëls volg terwyl ander motoriste nie die padreëls volg nie.
’n Stopstraat beteken jy stop dood en jy kyk of dit skoon is en dan trek jy weg om te ry.
Dit is nie ’n kwessie van sit jou kar in tweede en ry oor of jaag sommer net voelspoed oor nie.
Volgens my kom alle voertuie steeds met flikkerligte uit met ’n rede. Dit is nie vir die estetiese waarde van jou motor nie. Dit is daar om te gebruik – dit is nou te sê as mense weet hoe om dit te gebruik nie.
Dit is dinge soos dié wat groot ongelukke kan veroorsaak. As almal net die reëls volg en behoorlik bestuur gaan dit baie beter wees en sal ons paaie veiliger wees.
As ek in my motor klim dink ek nie net vir myself nie, maar ook vir die ander bestuurders. Dit is vir my hartseer want ek is ’n goeie padgerbruiker, maar ander nie. Een fout van iemand anders en jy is dalk daarmee heen.
Hetta Cronje – Mayberry Park
Also Read:
Were you on the scene of the accident on the N12, Alberton?
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Alberton Record: 060 644 5264 Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



