Kerkbasaar met 4×4 roete
NG Alberton Oos se kerkbasaar vind op 1 September plaas.

KOM geniet ’n dag propvol pret saam met jou gesin en vriende by die NG Alberton Oos se kerkbasaar op 1 September.
Die basaar vind vanaf 8vm tot 4nm by die kerk op die hoek van Jan Coetzeestraat en Berghweg plaas.
Dit beloof om ’n dag vol lekkerte te wees met heerlike kos en menigte stalletjies waar nuwe vriendskappe saam met die gemeente gesmee kan word.
Saam met die basaar sal ’n 4×4 roete by die Meyer Plaas in Alberante gehou word. Vir meer inligting daaroor kontak Willem Bronkhorst op 082 805 0931.
For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Alberton Record, Comaro Chronicle, Southern Courier and Get it Joburg South Magazine.
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages. You can also email our offices on cvdwalt@caxton.co.za, juliem@caxton.co.za or luckyt@caxton.co.za
Add us on WhatsApp today! Comaro Chronicle: 079 427 8074 and Southern Courier: 079 404 5789.



